WELKOM



'n Buurtwag is een van die mees doeltreffende maniere om misdaad in die onmiddelike omgewing te verminder, bv. beskerming van eiendom, vermindering van motordiefstal en huisinbrake, ens. Deur lede in te lig oor die modus operandi, tegnieke en gedrag van misdadigers, kan die buurtwag baie doeltreffend wees.

Daar is noue samewerking tussen die plaaslike polisiediens en die sekuriteitsmaatskappye. Saam vorm hulle 'n formidabele span teen misdadigers ten einde ons buurt en strate vry van misdaad te kry en te hou. Die samestelling van die polisiëring verskil van woonbuurt tot woonbuurt en word bepaal deur die betrokke partye. Inwoners word aangemoedig om betrokke te raak en te bly ten einde te voorkom dat families swaarkry onder die langtermyn gevolge van misdaad.

Die skep van 'n bewustheid tussen inwoners ten opsigte van kriminele aksies, waarvoor om op die uitkyk te wees, hoe om swak gedrag te monitor, asook aan wie om probleme te rapporteer, sal onmiddellik 'n verskil maak. Veiligheid in die gemeenskap kan so vir oud en jonk verhoog word. Dit sal ons lewenstyl verbeter en vrees vir misdaad in ons daaglikse lewe verminder.

Help om jou area veilig te maak - ondersteun jou plaaslik buurtwag.

 

Stel jy belang om 'n lid van Buurtwag SA te word? Kliek hier om by 'n bestaande buurtwag aan te sluit.

Of alternatief, as daar geen buurtwag in jou area is nie, kliek hier om 'n nuwe buurtwag te stig.

 

ARTIKELS

Die volgende sekuriteitswenke word soms deur huiseienaars oorgesien.

Vir 'n meer volledige lys, teken in om al die gepaste inligting vir jou gebied te besigtig.

Lees Meer
Lock

Lidmaatskap

Lede van die NW-SA het toegang tot artikels, van toepassing op hul eie voorstad. Dit beteken dat belangrike inligting beskikbaar en maklik bekombaar is vir die lede. Hulle kan artikels oor misdaad-voorkoming en ook statistieke (waar beskikbaar), oor hulle woonbuurt aflaai. Buurtwaglede kan hulle rekords aanlyn opdateer.

Lees Meer